Evelyn Waugh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Arthur Evelyn St. John Waugh ([ˈɑrθər ˈiːvlɪn ˈsɪndʒən wɔː]; * 28 Oktober 1903, † 10 April 1966), algemeen bekend as Evelyn Waugh, was 'n Engelse roman-, biografie- en reisverhaalskrywer wat hom ook as joernalis en resensent bekwaam het. Sy bekendste werke sluit die vroeë satires Decline and Fall (1928) en A Handful of Dust (1934), die roman Brideshead Revisited (1945) en Sword of Honour (1952-1961), 'n trilogie wat tydens die Tweede Wêreldoorlog afspeel, in.

As skrywer word Evelyn Waugh as een van die beduidendste prosastiliste van die 20ste eeuse Engelse literatuur beskou.