Evelyn Waugh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur KabouterBot (besprekings | bydraes) op 23:11, 17 November 2017 (Geboorte- en sterftejaarkategorieë bygevoeg)

Evelyn Waugh

Engelse skrywer en joernalis


Gebore
28 Oktober 1903
in Londen, Engeland,
Verenigde Koninkryk


Oorlede
10 April 1966
Combe Florey, Somerset, Verenigde Koninkryk


Literêre genres

Romans, biografieë, kortverhale, reisverhale, outobiografiese werke, satires


Bekende werke

Decline and Fall (1928)
A Handful of Dust (1934)
Brideshead Revisited (1945)
Sword of Honour (1952-1961)

Arthur Evelyn St. John Waugh ([ˈɑrθər ˈiːvlɪn ˈsɪndʒən wɔː]; * 28 Oktober 1903, † 10 April 1966), algemeen bekend as Evelyn Waugh, was 'n Engelse roman-, biografie- en reisverhaalskrywer wat hom ook as joernalis en resensent bekwaam het. Sy bekendste werke sluit die vroeë satires Decline and Fall (1928) en A Handful of Dust (1934), die roman Brideshead Revisited (1945) en Sword of Honour (1952-1961), 'n trilogie wat tydens die Tweede Wêreldoorlog afspeel, in.

As skrywer word Evelyn Waugh as een van die beduidendste prosastiliste van die 20ste-eeuse Engelse literatuur beskou.